Media: Sypaadjiebewoners in Delft binnekort wéér verskuif

20 06 2008
UNA CUPIDO
20/06/2008 08:33:30 PM – (SA)
Source: Die Burger

KAAPSTAD. – Delft se sypaadjiebewoners wat al meer as vier maande in Symphonyweg woon, kan dalk binnekort ook daar verwyder word.

Me. Bonita Seconds bly saam met haar twee kinders, Dwayne (5) en Ashwin (10), in ’n klein skuiling op die sypaadjie in Symphonyweg in Delft Symphony. Dié tentjie word baie deur die wind rondgepluk.   Foto’s: DENZIL MAREGELE

Me. Bonita Seconds bly saam met haar twee kinders, Dwayne (5) en Ashwin (10), in ’n klein skuiling op die sypaadjie in Symphonyweg in Delft Symphony. Dié tentjie word baie deur die wind rondgepluk. Foto’s: DENZIL MAREGELE

Die nagenoeg 360 gesinne gaan volgens ’n munisipale beampte gevra word om na die tydelike strukture daar naby te skuif.

“Indien hulle weier, sal hulle deur ’n hofbevel verwyder word,” het die beampte gewaarsku.

Die afgelope week is die laaste van die 590 gesinne wat in die tente gewoon het, na dié tydelike woonstrukture verskuif.

Altesaam 1 600 gesinne is op 19 Februarie vanjaar uit huise gesit wat hulle onwettig in Delft Symphony beset het.Van die uitgesette mense het daarna in tente, wat deur die Kaapse stadsraad voorsien is, gebly en ander het op die sypaadjie gaan plak. Volgens die beampte het 40 gesinne wat op die sypaadjie bly, reeds aangedui dat hulle bereid is om na die tydelike woonstrukture te trek.

“Ons gaan volgende week met die mense beraadslaag,” het hy gesê. “Symphonyweg is ’n hoofweg en kan nie onbepaald gesluit word nie.” Volgens mnr. Dan Plato, burgemeesterskomiteelid vir behuising, sal alle pogings eers aangewend word om die sypaadjiebewoners te oorreed om te verskuif.

“Sowat 148 gesinne het aangedui dat hulle nie gaan trek nie,” het Plato gesê.

Van die sypaadjiebewoners het gister aan Die Burger gesê hulle sal net trek as hulle ’n huis kry.

“Ons verdien om in huise te bly,” het me. Bonita Seconds (30) gesê. Seconds bly saam met haar twee kinders, Ashwin (10) en Dwayne (5), in ’n klein skuiling wat deur die wind rondgepluk word. “Die regering het reeds gewys dat hulle nie vir ons omgee nie.”

Advertisement

Actions

Information

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

Gravatar
WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s




Follow

Get every new post delivered to your Inbox.