Media: Twee dood in jeugkamp-aanval

28 09 2009

2009-09-27 15:48
Verwante skakels – Nuus24

Durban – Twee mense is dood nadat hulle tydens ‘n jeugkamp by die Kennedy Road-informele nedersetting in Durban aangeval is, het die KwaZulu-Natal polisie gesê. Read the rest of this entry »

Die Burger: Inwoners ruk op oor huise

20 03 2009

CARRYN-ANN NEL
20/03/2009 09:21:16 PM – (SA)

Source: Die Burger

Kaapstad. – Die sypaadjiebewoners wat al langer as ’n jaar in Symphonyweg in Delft bly en deur ’n moontlike

Talle inwoners op die sypaadjie van Symphonyweg in Delft het gister voor die Wes-Kaapse hoë hof betoog teen ’n moontlike uitsettingsbevel.   Foto: TARYN CARR

Talle inwoners op die sypaadjie van Symphonyweg in Delft het gister voor die Wes-Kaapse hoë hof betoog teen ’n moontlike uitsettingsbevel. Foto: TARYN CARR

uitsettingsbevel in die gesig gestaar word, verkoop nou koeke en bak roti’s om geld in te samel om die saak te probeer wen.

“Ons eie lawyers sál ons kry om die saak te wen. Ons is baie vasbeslote mense. As ons iets wil hê, dan gáán ons daarvoor,” het me. Karima Linnerveldt, ’n inwoner, gister op die trappe van die Wes-Kaapse hoë hof gesê.
Sy was gister deel van sowat 100 inwoners van die gebied wat na die hof opgeruk het uit protes teen die Kaapse stadsraad wat hulle na ’n ander gebied wil verskuif. Dié inwoners was deel van die sowat 2 000 inwoners wat verlede jaar ingevolge ’n hofbevel uit die huise van die N2 Gateway-projek gesit is.

Van die inwoners het hierna na die sypaadjie in Symphonyweg getrek terwyl ander na sinkhuise (Blikkiesdorp) getrek het wat deur die Kaapse stadsraad voorsien is.

Dit is weens die besetting van die sypaadjie in Symphonyweg dat die aansoek nou by die hof is.
Read the rest of this entry »

Media: Gympiestraters hoor Vrydag oor uitsettingsaak

1 08 2008
01/08/2008 11:42:12 PM – (SA)
Source: Die Burger

Kaapstad. – ’n Groep onwettige besetters in Gympiestraat in Woodstock gaan na verwagting Vrydag hoor wanneer hul verhoor uiteindelik begin.

’n Jong inwoner van Gympiestraat in Woodstock, Robino Oormeyer (2), by ’n betoging voor die Kaapstadse landdroshof. Hulle is ongelukkig omdat die krag- en watertoevoer na die eenhede wat hulle onwettig beset, afgesny is.     Foto: NEIL BAYNES

Die besetters word aangekla van minagting van die hof nadat hulle in weerwil van ’n uitsettingsbevel wéér hul intrek in van die woonsteleenhede geneem het.

Die saak is gister in die Kaapse landdroshof uitgestel weens die inwoners se regsverteenwoordiger, adv. Zahir Omar, se betrokkenheid by die saak teen mnr. Jacob Zuma, het die inwoners aangevoer. Omar het glo ’n faks aan die hof gestuur om verskoning vir sy afwesigheid aan te teken. Read the rest of this entry »

Media: Sypaadjiebewoners in Delft binnekort wéér verskuif

20 06 2008
UNA CUPIDO
20/06/2008 08:33:30 PM – (SA)
Source: Die Burger

KAAPSTAD. – Delft se sypaadjiebewoners wat al meer as vier maande in Symphonyweg woon, kan dalk binnekort ook daar verwyder word.

Me. Bonita Seconds bly saam met haar twee kinders, Dwayne (5) en Ashwin (10), in ’n klein skuiling op die sypaadjie in Symphonyweg in Delft Symphony. Dié tentjie word baie deur die wind rondgepluk.   Foto’s: DENZIL MAREGELE

Die nagenoeg 360 gesinne gaan volgens ’n munisipale beampte gevra word om na die tydelike strukture daar naby te skuif.

“Indien hulle weier, sal hulle deur ’n hofbevel verwyder word,” het die beampte gewaarsku.

Die afgelope week is die laaste van die 590 gesinne wat in die tente gewoon het, na dié tydelike woonstrukture verskuif.

Altesaam 1 600 gesinne is op 19 Februarie vanjaar uit huise gesit wat hulle onwettig in Delft Symphony beset het. Read the rest of this entry »

Media: Kinders skryf briewe vir minister

25 03 2008
UNA CUPIDO
25/03/2008 09:32:25 PM – (SA)
Source: Die Burger

KAAPSTAD. – “As ek slaap in die aand en die wind waai, dan bid ek so hard dat die hokkie nie omwaai nie.”

Nikita Mkwena (9)’n gr.-2 leerder het haar maatjies wat op die sypaadjie van Symphonyweg bly, aangemoedig om briefies aan me. Lindiwe Sisulu, die minister van behuising te stuur, waarin hulle haar vra vir huise.   Foto: TARYN CARR

So lui ’n deel van ’n hartroerende smeekbriefie aan die nasionale minister van behuising, me. Lindiwe Sisulu, waarin kinders van gesinne wat op die sypaadjie in Delft bly, haar smeek vir huise.

Tientalle kinders het briewe aan die minister geskryf en hulle gaan dit vandag aan die plaaslike minister van behuising, mnr. Richard Dyanti, oorhandig om aan haar te gee. Read the rest of this entry »

Media: Paartjie van Delft Symphony woon, trou op sypaadjie

18 03 2008
UNA CUPIDO
18/03/2008 10:23:09 PM – (SA)
Source: Die Burger

Mev. Sylvia (29) en mnr. Elmarco (24) Williams het besluit om Saterdag op die sypaadjie, waar hulle in Delft Symphony woon, te trou   . Hier is hulle in die Kaapse middestad afgeneem. Foto: YUNUS MOHAMED

KAAPSTAD. – ’n Paartjie het besluit om die afgelope Saterdag sommer op die sypaadjie van Delft Symphony af te haak.

Mev. Sylvia (29) en mnr. Elmarco Williams (24) was onder die mense wat verlede maand uit huise, wat hulle onwettig beset het, gesit is. Hulle woon tans op die sypaadjie.

“Ek wil eendag vir my kinders wys in watter stryd ons gewikkel was,” het mev. Williams gesê. Read the rest of this entry »

Media: Joe Slovo sal appelleer oor skuif

10 03 2008
UNA CUPIDOEN CARRYN-ANN NEL
10/03/2008 10:09:34 PM – (SA)
Source: Die Burger

KAAPSTAD. – “Hlophe en andere het oorlog verklaar teen die inwoners van

Duisende inwoners van Joe Slovo het gister voor die Kaapse hooggeregshof betoog. Die mense is vasbeslote om nie na Delft verskuif te word nie, ondanks die beslissing van regter-president John Hlophe, wat ’n uitsettingsbevel toegestaan het. Foto: GARTH STEAD

Joe Slovo en moet verantwoordelikheid neem vir die gevolge daarvan.”

Dít was gister die woorde van mnr. Mzwanele Zulu van die Joe Slovo-taakspan ná regter-president John Hlophe se uitspraak, waarin hy beveel het dat sowat 20 000 mense uit die Joe Slovo-nedersetting verwyder word. Read the rest of this entry »

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 607 other followers